Welkom!
Teken Aan | Registreer vir 'n Gratis Gebruikersrekening
Die Koorts-stamboom
Oorsprong van die Koorts-van
Koorts is ’n familienaam wat in Suid-Afrika ontstaan het. Dit is afgelei van die stamvader Johann Martin Kurz, wat as ’n soldaat in 1731 op die boot CASTRICUM vanaf Benneckenstein, Duitsland, na Suid-Afrika gekom het. Kurz is ’n van wat reeds in die vroegste eeue in Switserland teëgekom is. Die familienaam kom algemeen voor in die Duitssprekende lande. Dit is ook ’n familienaam wat redelik algemeen in Amerika en baie ander Westerse en Europese lande voorkom. Daar bestaan ook ’n Joodse verbintenis. Die naam beteken iemand wat kort van lengte is, en is ontleen aan die Duitse woord “kurz”, wat “kort” beteken.
Hy het getrou op 9 Desember 1736 met Jacoba Jurgens (sy was gebore Jurgens maar het op ’n jong ouderdom haar ma se tweede man se van aangeneem, naamlik Coetzee). Johannes Marthinus, een van hulle vyf kinders, gedoop op 4 Mei 1741, word die begin van hierdie spesifieke Koorts-stamboom in Suid-Afrika. Destyds het administratiewe amptenare die familiename opgeteken volgens die uitspraak wat hulle gehoor het van die persone wat dit aangemeld het. Die verandering van die van het destyds soos volg verloop: Kurz (1731) – Kurze (1741) – Koortze (1780) – Koortz (1820), en in 1855 is dit as Koorts opgeteken.
Koorts is dus ’n eg Suid-Afrikaanse familienaam, en enige persoon wat in Suid-Afrika met hierdie familienaam gebore is, kan net uit hierdie stamboom afkomstig wees. Die woord “koorts” beteken “koors” in Hollands, maar het geen betekenis in Afrikaans nie. In Holland bestaan daar wel ’n familienaam Koorts, maar dit het geen verband met die Koorts-familienaam wat in Suid-Afrika uit die Kurz-familienaam ontstaan het nie. ’n Moontlike invloed gedurende dié tydperk op die verandering van Kurz tot Koorts in die volksmond was die feit dat Hollands toe die algemene spreektaal was.
Die dieper wortel: 'n slavin van Abessinië
Interessant genoeg loop die moederlyn van hierdie selfde tak nog veel verder terug as Johann Martin Kurz – tot by ’n slavin wat as kind uit Madagaskar na die Kaap gebring is.
- Lijsbeth Arabus (~1645) is as kind, saam met haar suster Cornelia, gevange geneem tydens ’n skermutseling naby die Isle St. Maria, aan die noordooskus van Madagaskar – ’n voorval waartydens die skip se destydse kaptein gedood is, tesame met ’n plaaslike koning en prins. Die twee meisies is as deel van hierdie “koninklike” gesin buitgemaak. Hulle oorsprong word oorgelewer as Malagassies, maar volgens sommige verslae was hulle self “Arabiese prinsesse”, glo oorspronklik uit Abessinië (vandag se Ethiopië-omgewing) afkomstig – die presiese herkoms bly dus onseker. In 1656 is hulle deur admiraal P.N. de la Roche St. André as geskenk aangebied, maar dié transaksie is later omgekeer en hulle het die eiendom van die VOC geword.
- Sy kry (waarskynlik by Gerrit Sanders, ’n Duitse VOC-soldaat) ’n dogter: Lijsbeth (van de Kaap) Sanders (~1659–1742).
- Lijsbeth van de Kaap was op haar beurt slavin/vrygestelde vrou van Louis van Bengale (~1652–1716, self as slaaf uit Bengale na die Kaap gebring). By hom kry sy ’n dogter: Elisabeth Louisz (Lowijs) Coetsee (voor 1680).
- Elisabeth leef eers saam met Hans Jurgien (van Salzburg), en trou later met Jacobus Coetzee. By Hans Jurgien kry sy ’n dogter: Jacoba (Jùrrien) Koorts (voor 1709) – dieselfde Jacoba Jurgens hierbo wat met Johann Martin Kurz trou.
Hierdie hele lyn word bevestig deur die mtDNA-haplogroep L3b/L3b3, wat in al hierdie profiele dieselfde is – dit is dus ’n ononderbroke vroulike lyn van Madagaskar tot vandag.
Van Johannes Marthinus Koorts (1741) tot Thomas Barend Pieter Koorts
Johannes Marthinus Koorts (1739–1805), seun van Johann Martin Kurz en Jacoba Jurgens, trou met Engela Jansz. Hulle seun, Johannes Marthinus Koorts (voor 1780 – ~1853), trou twee keer – eers met Catharina Johanna Botes, later met Anna Susanna Adriana Fourie.
Uit die huwelik met Catharina Botes kom twee lyne wat later weer bymekaarkom:
- Seun: Jacobus Abraham Christoffel Koorts (1820–1872) → trou met Maria Margaretha Elizabeth Myburgh → hulle seun is Johannes Marthinus Koorts (1855–1921).
- Dogter: Engela Maria (Koorts) Steyn (1816–1859) → trou met George Ruthven → hulle dogter is Catharina Jacoba (Ruthven) Thorp (1836–) → sy trou met Thomas Thorp (1831–1899, gebore in Buckinghamshire, Engeland) → hulle dogter is Engela Maria (Thorp) Koorts (1856–1938).
Hier kom die mooi knoop: Johannes Marthinus Koorts (1855–1921) trou met Engela Maria (Thorp) Koorts (1856–1938) – sonder dat hulle dit miskien besef het, was hulle reeds familie van mekaar. Engela Maria se ouma (Engela Maria Koorts Steyn) was die suster van Johannes Marthinus se pa (Jacobus Abraham Christoffel Koorts). Altwee stam dus af van dieselfde Johannes Marthinus Koorts (voor 1780–1853).
Hulle kind is Thomas Barend Pieter Koorts (1881–1956) – vernoem, blykbaar, na sy Engelse oupagrootjie Thomas Thorp.
Die vrou se kant: Catharina Jacoba Freysen
Thomas Barend Pieter trou in 1903 met Catharina Jacoba (Freysen) Koorts (1886–1972). Haar ouers was Jacobus Abraham Adriaan Freysen (1863–1954) en Catharina Jacoba (Thorp) Freysen (1862–1945).
Catharina Jacoba Thorp Freysen was ’n suster van Engela Maria Thorp (Thomas Barend Pieter se eie ma)! Altwee was dogters van Thomas Thorp en Catharina Jacoba Ruthven.
Dit beteken Thomas Barend Pieter Koorts het met sy volle niggie getrou – sy ma en sy skoonma was susters. Dit was heeltemal algemeen in klein, geïsoleerde Afrikaner-gemeenskappe van daardie tyd soos Prince Albert en Laingsburg.
Samevattende stamboom-diagram
Kontak Ons
As jy enige vrae en voorstelle het oor die informasie op die tuisbald, wees so gaafen skakel ons gerus.Ons sien uit om van jou te hoor.